Walt Disney | |
Walt Disney, 1954
| |
Geboortenaam | Walter Elias Disney |
---|---|
Geboorte | 5 Desember 1901 Chicago, Illinois |
Sterfte | 15 Desember 1966 (op 65) Los Angeles, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep(e) | tekenprentvervaardiger, filmmaker |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Walter Elias Disney (* 5 Desember 1901 - † 15 Desember 1966) was 'n Amerikaanse tekenprentvervaardiger en filmmaker. Hy is die vader van tekenprentfilms en die skepper van wêreldbekende tekenprentkaraktertjies soos Donald Duck, Mickey Mouse en Goofy wat kinders en grootmense van oor die hele wêreld al vir dekades lank vermaak. Disneyland met sy tegniese en sprokiesagtige besienswaardighede wat in 1955 naby Los Angeles opgerig is, was Walt Disney se breinkind. So ook Disney World, Disneyland naby Orlando, Florida. Beide pretparke is onder die gewildste toeriste-aantreklikhede in die wêreld.